Ons CD's, DVD's en meer!
Ons CD's, DVD's en meer!
Op 5 Junie 2009 het Uitverkoop hulle eerste "live" CD/DVD opname gehad! Die album bestaan uit 'n CD met dertien liedere uit die hart van Uitverkoop, plus 'n vol lengte DVD van die opname, waar 'n groot groep Rustenburgers bymekaar gekom het om God met alles in hulle te aanbid.


Al die musiek op die uitstekende album is geskryf deur Chardi. Vanaf die titelsnit, deur die mooiste aanbiddingsmusiek, tot by die laaste inspirerende lied, weerklink elke noot van die goedheid van God en die liefde wat Sy kinders vir Hom ervaar.
Die album is by enige goeie musiekwinkel in jou omgewing beskikbaar. Kry joune nou!